Listen & view Amanda Strydom - My Kamer lyrics & tabs

Track : My Kamer

Artist : Amanda Strydom

Album : Ek loop die pad

south african My Kamer Miss Mandy

My Kamer by Amanda Strydom from album Ek loop die pad

Duration : 4 minutes & 56 seconds.

Listener : 382 peoples.

Played : 1516 times and counting.

Ek het lankal immigreer, na 'n kamer in my kop
Vandaar hou ek versigtig die wêreld om my dop
My kamer bied 'n skuilte, as die storms daar buite woed
My kamer ken geheime, my kamer ken my goed
Beskut my teen 'n wêreld, waar ek ongemaklik leef
Bevry my van bagasie, en laat my rustig wees

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
Tot dit tyd word om te gaan
Tyd word
Om te gaan
Instrumenteel

My kamer het geen meubels, geen boek of skildery
Geen spinnerak of rommel, om my aandag af te lei
My kamer het groot vensters, sonder luike of gordyn
Die uitsig onbelemmerd, net die son wat helder skyn

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
Tot dit tyd word om te gaan

Ons ken die komplot van die drama
Elke eeu word daar flink repeteer
Net die rolverdeling en dekor verander
Maar waar is die groot regisseur?
Waar is die groot regisseur?

Die wêreld is my woning nie, Totius sou verstaan
Ek reis al meer na binne
Tot dit tyd word om te gaan
Tyd word
Om te gaan

Similar Tracks of My Kamer( Amanda Strydom )

Loading Time :0.59542608261108mem :1572864