Listen & view Richard Van Der Westhuizen - Tussen Treine lyrics & tabs

Track : Tussen Treine

Artist : Richard Van Der Westhuizen

Album : Tien van Harte

tussen treine

Tussen Treine by Richard Van Der Westhuizen from album Tien van Harte

Duration : 4 minutes & 10 seconds.

Listener : 91 peoples.

Played : 411 times and counting.

Ek wonder wat van jou geword het
Jy wat nog so by my spook
Ek weet net ons het die vuur gemaak
Die wêreld aan die brand gestook

Nou is die nagte soveel stiller
Die dae eis hul eie tol
Maar ons twee was die wilde wind se blare
Ons kaartjies lê die hele wêreld vol

Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies, net die leë spore
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Nou vra ek waar het alles begin?
Die ding van los wees voor die wind
Onthou jy ook die rook, die yster?
Die lig wat in die verte blink

Dan dink ek terug aan soveel dae
Soveel stawe op die spoor
Ja daar was voorheen 'n tyd van treine
Waar en wanneer het ons dit verloor?

Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies, net die leë spore
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore
Instrumenteel

Elke keer was dit 'n afskeid
Elke keer weer 'n begin
'n Honderd haltes langs die spoor
Elke stasie het sy eie skim

Miskien het ek verleer om te kyk
Jy bepaal jou eie baan
Soms sien ek die skadu van jou spieëlbeeld
As spieëls verbrokkel voor die maan
Tussen treine
Tussen stasies
Lê daar basies, net die leë spore
Tussen treine
Tussen stasies
Lê die leë spasies van die onskuld nou verlore

Similar Tracks of Tussen Treine( Richard Van Der Westhuizen )

Loading Time :0.21955609321594mem :1572864